|
NUUS EN AKTIWITEITE
NUUS EN AKTIWITEITE
Besoek ons blog by http://www.wccmsa.wordpress.com en deel jou standpunt en ervarings!
_______________________________
Retraite naweek te Good Shepherd Retreat Center Hartebeespoortdam
Indien jy ‘n retraite vir jou groep wil reel , stuur epos aan Johan van den Heever ansjohan@eject.co.za
____________________________________________
_______________________________
MEDITASIE AS UITREIKMETODE
Kan meditasie gebruik word om ander geloofsgroepe te bereik? Terwyl sommige nog wonder oor meditasie, sou ander dit onmiddelik wou afmaak as onprakties. Is jy dan nie veronderstel om stil te wees in meditasie? Tog is dit presies waaroor gepraat en getuig is by die pas afgelope konferensie van die Węreldgemeenskap vir Christelike meditasie. Hierdie konferensie het gedurende Augustus 2008 in Mainz – Duitsland plaasgevind waar 35 lande verteenwoordig was. Suid-Afrika was deur Johan van den Heever verteenwoordig. Hy is leraar in die NG Kerk (Eldoraigne – Pretoria). Die driedaagse konferensie word voorafgegaan deur ‘n driedaagse seminaar, bekend as die John Main seminaar, waar verskeie teoloë, onder ander prof Walter Kasper, gepraat het oor kerkeenheid. Prof Kasper het gewys op die verskynsel wat tans węreldwyd voorkom, die sogenaamde Emerging Chruch beweging, waar gelowiges buite die kerk om geloofsgemeenskappe vestig. Meditasiegroepe is een van die manier waarop mense dit doen. By sulke groepe kom mense bymekaar om oor die Woord te reflekteer en vir ongeveer 20 tot 30 min net in stilte saam te wees. Die verteenwoordiger van Engeland het getuig hoe mense uit ander geloofsgroepering die geleenthede kom bywoon. Dit is vir die ongelowige ‘n nie bedreigde omgewing waar hulle in die liefde van Christus ontvang word, saam met ander by die Here kan stil word en onbevange hulle geloofsvrae aan die orde kan bring. Lande soos China en Indië het weer van vervolging getuig. Waar dit in ‘n land soos China bykans onmoontlik is om Christelike meditasie bekend te stel, word daar weer uit Indië berig hoe groepleiers geďntimideer word. In Australië het hulle met Christelike meditasie in Christenskole begin en word daar vertel hoe kinders so jonk as vyf baie gou ontdek dat God deur sy Gees binne in ons woon. Dit wil lyk of Christelike meditasie in Europa, en dan veral in lande soos Frankryk en Nederland, groot byval vind. Lande soos die Chegiese Republiek, Latvia en Denemarke getuig almal van die herlewing rondom hierdie saak. In Suid-Afrika is Christelike meditasie steeds vir baie gelowiges ‘n vreemde saak. Tog is dit deel van die Christelike geloofswortels wat vir ‘n groot deel van die Kerk verlore geraak het en nou weer herontdek word. Vir verdere navrae oor Christelike meditasie kan daar gerus met Johan van den Heever, die nationale koordineerder in Suid-Afrika, geskakel word.
|