|
BACK TO ENGLISH
WELKOM
WELKOM
Die Christelike meditasietradisie, wat die aandag fokus op ‘n enkele heilige
frase (mantra), is deur die Engelse Benediktyn, Dom John Main (1926-82) opnuut
laat herlewe. Hy het ‘n ekumeniese Christelike Meditasiesentrum in Londen
gestig (1975) en het daarna, tesame met Dom Laurence Freeman OSB, ‘n
meditasiegemeenskap vir kerklikes en gewone mense in ‘n klooster in Montreal
tot stand gebring (1977). Die Wêreldgemeenskap vir Christelike Meditasie is in
1991 in Londen in die lewe geroep onder die leiding van Dom Laurence en ‘n
raadgewende liggaam wat uit internasionale lede bestaan. Die gemeenskap lê hom
daarop toe om die tradisie van meditasie soos dit deur John Main geleer is, oor
te dra en te koester in belang van eenheid. Hierdie missie word verwesenlik
deur ‘n uitgewersmaatskappy (Medio Media), ‘n Internasionale Sentrum in Londen,
‘n internasionale nuusbrief wat kwartaalliks verskyn en die jaarlikse John Main
Seminaar.
Die basis van hierdie globale gemeenskap is plaaslike meditasiegroepe, wat
weekliks saamkom waar hulle ook al bestaan: in huise, gemeentes, kantore,
hospitale, tronke en skole in meer as ‘n honderd lande. Die Wêreldgemeenskap
bied retreats, seminare, lesings en ander programme aan, insluitend
interdenominale gespreksvoering. Inligting oor bestaande programme en hoe om
met plaaslike meditasiegroepe in Suid-Afrika kontak te maak kan elders op
hierdie webwerf aangetref word. Vir inligting oor groepe, aktiwiteite en nuus
oor die wêreld, besoek gerus die Wêreldgemeenskap se internasionale webtuiste,
www.wccm.org.
Die Wêreldgemeenskap vir Christelike Meditasie nooi mense vanuit alle
geloofstradisies om mee te doen aan ‘n tradisie wat aan almal gemeenskaplik is
en wat bydra tot die verdieping van die innerlike lewe.
Donasies kan gemaak word aan :
First National Bank
Rekening naam: World Community for Christian Meditation SA
Rekening nommer : 62170978252
Tak kode : 251145
Vir nadere besonderhede stuur epos aan Johan van den Heever ansjohan@eject.co.za
|