Meditation, Christian meditation
 
WERELD   GEMEENSKAP   VIR
CHRISTELIKE   MEDITASIE
(SUID   AFRIKA)
WERELD   GEMEENSKAP   VIR
CHRISTELIKE   MEDITASIE
(SUID   AFRIKA)
WERELD   GEMEENSKAP   VIR
CHRISTELIKE   MEDITASIE
(SUID   AFRIKA)
Meditation, Christian meditation, WCCM






HOE OM TE MEDITEER
HOE OM TE MEDITEER

Meditasie is so natuurlik vir die gees as wat asemhaling vir die liggaam is. Hierdie antieke geestelike dissipline is diep gewortel in die Christelike tradisie. Dis ‘n eenvoudige manier om tot ‘n diepe kalmte in jouself te kom en eenwording met die Gees van Christus te beleef. Hiermee word nie te kenne gegee dat meditasie “die enigste manier” is om te bid of die enigste weg tot wysheid is nie. Maar stilte en eenvoud lei inderdaad tot die belewenis van heelheid wat in geloof uitloop op heiligheid. Heiligheid is die integrasie van wysheid en medelye in ons daaglikse lewe. Omdat dit eenvoudig is maar ook dissipline verg, bevel hierdie tradisie die volgende eenvoudige beoefening daarvan aan:

Sit stil en regop en ontspanne, maar met ‘n wakker gemoed. Maak jou oë liggies toe. Haal rustig en gelykmatig asem. Begin om in jou binneste saggies ‘n enkele gebedswoord te sê. ‘n Baie goeie woord is “ma-ra-na-tha”, uitgespreek as vier ewe lang lettergrepe. Herhaal jou woord in die grootste eenvoud: kalm, getrou en liefdevol. Luister aandagtig na die woord terwyl jy dit sê. Los gedagtes eenkant, al is dit heilige of mooi gedagtes. Wanneer gedagtes by jou opkom, wend jou daarvan af en rig jou aandag op jou woord sodra jy bewus raak dat jy opgehou het om jou woord te sê. Rig voortdurend jou aandag op jou woord, van die begin tot aan die einde van die meditasietyd. Mediteer vir 20-30 minute elke oggend en aand. Bly by dieselfde woord dwarsdeur die meditasietyd en ook van dag tot dag.

Maranatha is ‘n Christelike mantra wat baie lank reeds, en deur die vroegste monnike, gebruik is. Die woord Maranatha is Aramees vir "Kom Here." Dis die finale opdrag in Paulus se lering aan die Korinthiërs, and is Johannes se finale instruksie in the Boek van Openbaring. As sulks is dit die laaste woord waarmee die Christelike Bybel eindig.

Die betekenis van die woord Maranatha verskil na gelang van hoe dit opgedeel word:

As "mara-natha," beteken dit "Kom Heer," of "Here Kom."

As "maran-atha," beteken dit "Die Here is hier" of "Die Heer het gekom."

Laat die mantra toe om ritmies te klink teen ‘n natuurlike tempo, of dit nou vinnig of stadig is. Jy mag dalk vind dat dit mettertyd vanself verstadig.

Jy hoef nie jou meditasie te evalueer nie. Die vrug daarvan sal op hulle eie tyd hul verskyning maak in jouself en jou lewe en in al jou verhoudings. Moenie ontmoedig word of teleurgesteld raak as jy agterkom hoe verdeeld en verflenterd jou aandag is nie. Dis is waarom ons mediteer, sodat ons deur die verdeeldheid kan deurbeweeg. Jy hoef dus nie te probeer om gedagtes en denkbeelde uit te blok of te onderdruk nie. Gedagtes en denkbeelde sal kom en gaan maar fokus jou aandag op jou mantra – die heilige gebedswoord.

Meditation, Christian meditation, WCCM Hersien : 12 Augustus 2011           Webmeester : swarts@btinternet.com